Woensdag 04 September 2013

Skeppende Avontuur


Soos julle weet, het ek nog altyd van bak gehou. Ek het voorheen gepraat oor hoe my passie vir bak gegroei het, maar laat ek 'n klein storie vertel oor hoe my opwindende avontuur in skeppende bak begin het. 

Ek het begin kyk na die TV-reeks vernoem ‘Cake Boss’, en het vyf seisoene voltooi. Soos hulle elke week 'n verskeidenheid van asemrowende koeke gemaak het, het my passie daarvoor nog meer gegroie, en ek was regtig ge
ïnteresseerd met die versiering deel daarvan. Dit lyk eenvoudig genoeg om te doen, iets wat ek beslis sou geniet. Dit is toe my verloofde en ek die versiering klasse bygewoon het, en het gou agtergekom dat dit eintlik harde werk is en geen piekniek. Dit was 'n twee-dag-klas, waar ons 'n pragtige twee lae koek gemaak het. Dag een is basies die skep van die dinge wat bo-op die koek geplaas word, soos die rose en blare ens. Dag 2 het ons die koek gebak en al die versiering gedoen.

In net twee dae het ons 'n pragtige twee lae verjaarsdagkoek gemaak. Dit was so blou soos die hemel en so groen soos gras met pragtige pienk rose. Dit was ons eie soet skepping, en ek was so trots soos 'n pou. Dit het gevoel asof ek in 'n episode van ‘Cake Boss’ is, besig om 'n heerlike koek te skep, en dit was beslis so soet soos suiker! Daarna het ek geweet dat ek die uiteindelike ‘Cake Boss’ wou wees, net soos Buddy Velastro.

4 opmerkings:

  1. Sjoe!Dit is beslis baie kreatief!Ek wens ek kan so goed soos jy bak.

    AntwoordVee uit
  2. Om koek te bak is glad nie vir sissies nie, so ek. Ilhaam wanneer kan ek van jou soetgoed proe?. My mond water van lus kry na daardie mooi kleurvolle koek.

    AntwoordVee uit
  3. Enkele opmerkings:

    1. vernoem "Cake Boss" - Ek het na die TV-reeks Cake Boss begin kyk...
    2. gegroie - gegroei
    3. met die versiering - in die versiering

    AntwoordVee uit
  4. Dit lyk beslis na 'n lekker skepping skepping. Ek is baie lief vir soetgoed en sal ook soos Donney, van jou gebak wil proe.

    AntwoordVee uit