Woensdag 25 September 2013

Eenvoudige sjokolade koek



Soos ek reeds dit genoem het, is ek baie lief vir bak en alles daaromtrent. So dit is baie vreemd vir my as mense my vra hoe ek so lekker koeke kan bak. Ek weet gewoonlik nie hoe om te reageer nie, want dit is so maklik vir my. Ek glo as jy baie van iets hou, sal dit nie moielik wees nie.

Die geheim vir lekker bak, is om 'n resep na die presiese bedrae te volg, en die korrekte  meetinstrumente te gebruik. Sodra jy dit doen, kan jy nie verkeerd gaan met enigiets wat jy wil bak nie. Ek sal nou verduidelik hoe om my gunsteling en eenvoudige sjokolade koek te maak. Ek gebruik dit gewoonlik wanneer iemand vir 'n verjaarsdag of 'n troue sjokolade koek bestel.

Onthou om altyd jou oond te verhit, in hierdie geval, sal dit tot 180°C wees. Die bestanddele wat jy benoodig is: 225g meel, 350g strooisuiker, 85g kakao poeier, 1 ½ teelepel bakpoeier, 1 ½ teelepel koeksoda, 2 eiers, 250 ml melk, 125 ml olie, 2 teelepel vanieljegeursel, en 250ml kookwater.

Maak seker dat jy die korrekte kombuis skaal gebruik vir alle metings. Plaas al die bestanddele, behalwe die kokende water, in 'n groot bak. Dit moet dan gekombineer word met 'n elektriese menger. Plaas mengsel in gesmeerde koekpanne, wat enige grootte kan wees. Bak vir 35 minute, of totdat 'n mes droog uit kom wanneer jy dit toets.

Vir die versiering, plaas 200g sjokolade en 200ml dikroom in 'n kastrol oor lae hitte totdat die sjokolade smelt. Verwyder die pan van die hitte en klits die mengsel tot glad, blink en verdik. Laat dit afkoel vir 1-2 uur, of tot dik genoeg is om dit te versprei oor die koek. Sodra die koek afgekoel het, kan jy die sjokolade room daaroor versprei.

Al wat jy now hoef te doen, is om dit te geniet! :) 




4 opmerkings:

  1. Dié enetjie gaan definitief 'n plekkie in my resepteboek vind!

    Enkele opmerkings:

    1. na die presiese bedrae - tot op die letter
    2. benoodig - benodig (lang klank in 'n oop lettergreep)
    3. Plaas mengsel - Plaas die mengsel

    AntwoordVee uit
  2. Dit lyk baie lekker, ek sal dit so gou moontlik probeer.

    AntwoordVee uit
  3. Ilhaam, jy is regtig 'n vrou met vele talente, jy is nie net kreatief in die kombuis nie, maar ook 'n "slimkop". Ek wens ook ek kom jou resep volg, want ek kan nie 'n doodeenvoudige eier maak nie en moenie eers praat van 'n stoof aanskakel nie - ek gaan nie eers probeer nie van eks hopeloos in die kombuis.

    AntwoordVee uit
  4. Ek skat gewoontlik as dit by resepte kom. Ek sal in regte meetinstrumente begin belê.

    AntwoordVee uit