Soos ek reeds
dit genoem het, is ek baie lief vir bak en alles daaromtrent. So dit is baie
vreemd vir my as mense my vra hoe ek so lekker koeke kan bak. Ek weet gewoonlik
nie hoe om te reageer nie, want dit is so maklik vir my. Ek glo as jy baie van
iets hou, sal dit nie moielik wees nie.
Die geheim vir lekker bak, is om 'n resep na die presiese bedrae te volg, en die korrekte meetinstrumente te gebruik. Sodra jy dit doen, kan jy nie verkeerd gaan met enigiets wat jy wil bak nie. Ek sal nou verduidelik hoe om my gunsteling en eenvoudige sjokolade koek te maak. Ek gebruik dit gewoonlik wanneer iemand vir 'n verjaarsdag of 'n troue sjokolade koek bestel.
Onthou om altyd jou oond te verhit, in hierdie geval, sal dit tot 180°C wees. Die bestanddele wat jy benoodig is: 225g meel, 350g strooisuiker, 85g kakao poeier, 1 ½ teelepel bakpoeier, 1 ½ teelepel koeksoda, 2 eiers, 250 ml melk, 125 ml olie, 2 teelepel vanieljegeursel, en 250ml kookwater.
Maak seker dat
jy die korrekte kombuis skaal gebruik vir alle metings. Plaas al die
bestanddele, behalwe die kokende water, in 'n groot bak. Dit moet dan
gekombineer word met 'n elektriese menger. Plaas mengsel in gesmeerde
koekpanne, wat enige grootte kan wees. Bak vir 35 minute, of totdat 'n mes droog
uit kom wanneer jy dit toets.
Vir die versiering, plaas 200g sjokolade en 200ml dikroom in 'n kastrol oor lae hitte totdat die sjokolade smelt. Verwyder die pan van die hitte en klits die mengsel tot glad, blink en verdik. Laat dit afkoel vir 1-2 uur, of tot dik genoeg is om dit te versprei oor die koek. Sodra die koek afgekoel het, kan jy die sjokolade room daaroor versprei.
Al wat jy now
hoef te doen, is om dit te geniet! :)