Woensdag 02 Oktober 2013

Ou blogger...weer gevind.



As ek dink oor blogging, dink ek aan 'n joernaal. Dis jou gedagtes, menings en gevoelens oor sake wat belangrik is, of van belang vir jou. Die enigste verskil is dat jy daardie gedagtes  deel met die hele wêreld, op die internet. Dit is iets wat ek interessant vind en die meeste kere baie behulpsaam.

Toe ek hoor ons gaan 'n opdrag oor blogging kry, was ek baie opgewonde en kon nie wag om te begin nie, omdat die hele blogging ding nie iets nuuts vir my is nie. Ek het 'n blog oor algemene sake wat belangrik is om my wêreld in 2008 geskep, wat ook deel gevorm het van 'n opdrag. Ek het baie daarvan gehou, want ek het die geleentheid gehad om my mening daar uit te sit in die wêreld. Die enigste verskil oor hierdie blog is dat dit nodig was om in Afrikaans to wees, as deel van 'n manier om ons taal vaardighede te toets. Selfs al is ek lief vir blogging, en het nie veel probleem om 'n profiel of iets te doen met die tegniese deel nie, kon ek nie help om bekommerd oor dit te voel nie, want Afrikaans is my tweede taal en ek het nooit regtig opstelle geskryf nie.

Dit was nie so moeilik nie, want ek glo as jy skryf / blog oor iets wat jy lief hê, dan sal dit maklik wees vir jou en sal nie 'n poging wees nie. My nuwe belangstelling is bak, en toe ek van die opdrag hoor, het ek outomaties my onderwerp gehad.

Vyf weke later en ek het elke minuut van dit geniet. Die blogging het my beslis gehelp met Afrikaans, wat baie verbeter het. Dankie vir 'n  lekker opdrag, wat 'n baie goeie idee was... nie net op papier nie ;)